Loading...

Instappies by kleuterskole, laerskole en hoërskole.

Ons bied verskeie instappies oor natuurbewarings aspekte aan vir skole. Ons het ook van die jaar af ‘n paar pakkette bymekaar gesit vir kleuterskole.

Instappies sluit in ‘n inligtings sessie oor die spesifieke aspek van die natuur en ‘n interaksie sessie. Instappie temas sluit in: Reptiele, Spinnekoppe, Soogdiere, Seediere, Bye, Wurms, Lug/Lig, Amfibiee/Voëls, Aasvoëls, Insekte, Grond, Water. Met somige temas sal kinders kan kyk en voel aan ‘n lewendige dier.

Kontak Ons vir meer inligting

Weeklikse lesse vir Gr R – Gr 5.

Die program bestaan uit 1 les per week van ongeveer ‘n uur lank. A.g.v die besige kurrikulum is dit nie altyd vir die onderwysers moontlik om by die praktiese werk uit te kom nie. By Eco Pilots is al ons lesse baie ‘Hands On’! Ons kyk na behoud van skaars en beskermde diere en plante en leer oor alle aspekte van die natuur, dit sluit in; besoeke van diere, bou van vulkane, en ‘n groot aantal praktiese pret. Hoof temas vir al die lesse wat aangebied word is water, lug, lig, grond, diere, plante en die mens. By Eco Pilots ag ons die natuur as ons hoof prioriteit en wil ons kinders van ‘n jong ouderdom af aktief betrokke kry by die bewaring van ons natuur. Ons kostes sluit in alle benodighede, asook ‘n besoeke deur die diere in.

Kontak Ons vir meer inligting

Vakansie Programme vir Gr00 – Gr5 Leerders.

Elke vakansie het ons ‘n heerlike vakansie progam vir Gr00 – Gr5 leerders. Die program is 3 dae lank en word by ons kantoor in Doornpoort aangebied vanaf 8:00 to 17:00, sodat werkende ouers voor werk kinders kan kom aflaai en na werk weer kom optel. Elke vakansie het ‘n ander tema en ons maak klomp goedjies en leer lekker van baie diere en hul plekkie in die natuur. Hier kom kuier ook ‘n klomp diere.

Kontak Ons vir meer inligting

Foto Gallery

Sien Meer Foto’s

Groot aantal praktiese pret! Skryf you kind vandag nog in!

Registreer